(Afrikaans) Shalom Jacci, 'n Groot DANKIE vir jou reuse aandeel om die Israel toer vir ons SO spesiaal en besonders te maak; dankie veral vir jou vriendelikheid en innemende geaardheid, die lofprysingsdanse waarin ons kon deel, die laataand bus-en treinry-ekskursies na die Ou Stad in Jerusalem en Eilat waterfront toe, die reël van die "lazer show" by die David Toring, wenke en hulp met aankope en al die baie ander dingetjies wat ek dalk nie eers van weet nie. Nooit was jy ongeduldig, kort-af of geïrriteerd met ons nie. Jy's 'n pragtige mens en ons het jou geniet.
Die toer was fantasties en ek sal lewenslank die wonderlike herinneringe aan Israel met my saamdra. Daar was so baie hoogtepunte en "magic" oomblikke.... Die Bybel het ook vir my 'n realiteit geword. Mag ons Vader jou toere seën; mag Hy jou bewaar, Sy aangesig oor jou laat skyn en vir jou Sy vrede en guns skenk. Blessings, Debbie (Sunday 30 June 2013) |
Views & Reviews >