Views & Reviews
Judy Fledermaus
(Afrikaans) Ek kan eerlik se dat dit n wonderlike ervaring was en al was n mens bang aan die begin soos die mense maar van Israel praat, het ek die rustigheid en kalmte ervaar die oomblik toe ons daar geland het in Israel. Baie dankie vir Jacci wat ons gedurig op hoogte gehou het van al die reelings. Dit was uitstekend gedoen. Ek het nie een oomblik verlore gevoel in Israel nie. Jacci was n regte "ma". n Mens kon met enigiets na Jacci toe kom en u sou help. Alle beplanning rondom die toer was baie goed gedoen en ek sal enige een aanbeveel om die toer saam met Jacci te onderneem. Ek sal dit nou nie as enigiets negatief sien nie ,maar die enigste oomblik toe ek paniekerig geraak het was met die vervoer in Egipte. Dit is buite Jaccii se beheer En dit is mos maar hoe hulle daar ry. Weereens baie dankie vir alles en Gods rykste seen op die pad vorentoe met alle reelings. Hoop om Jacci gou in Kaapstad te sien. Grote Judy (Tuesday 02 June 2015) |